Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 2:9-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot.

10. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!

11. Dien die Here met vrees, en juig met bewing.

12. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

Lees volledige hoofstuk Psalms 2