Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 19:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.

8. Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

9. Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.

10. Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid — tesame is hulle regverdig.

11. Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

12. Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.

13. Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.

14. Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

Lees volledige hoofstuk Psalms 19