Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:47-51 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

47. Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!

48. Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;

49. wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.

50. Daarom wil ek U loof, o Here, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.

51. Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18