Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:30-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n muur.

31. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.

32. Want wie is God buiten die Here, en wie is ’n rots behalwe onse God?

33. God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.

34. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.

35. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

36. Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37. U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39. Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.

40. En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.

41. En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18