Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:18-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19. Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die Here was my steun.

20. En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.

21. Die Here het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.

22. Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;

23. want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.

24. Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25. So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.

26. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27. by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28. Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.

29. Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar.

30. Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n muur.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18