Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 148:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HALLELUJA! Loof die Here uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!

2. Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!

3. Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

4. Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!

5. Laat hulle die Naam van die Here loof; want Hý het bevel gegee — en hulle is geskape.

6. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het ’n wet gegee wat geeneen oortree nie.

7. Loof die Here van die aarde af — groot seediere en alle dieptes!

8. Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;

9. berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,

10. wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;

11. konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;

Lees volledige hoofstuk Psalms 148