Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 147:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. o Jerusalem, prys die Here! o Sion, loof jou God!

13. Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14. Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,

15. wat sy bevel na die aarde stuur — sy woord loop baie vinnig.

16. Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.

17. Hy werp sy ys heen soos stukke — wie kan bestaan voor sy koue?

18. Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai — die waters loop.

19. Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.

20. So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!

Lees volledige hoofstuk Psalms 147