Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 146:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HALLELUJA! Loof die Here, o my siel!

2. Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.

3. Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.

4. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.

5. Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God,

6. wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;

Lees volledige hoofstuk Psalms 146