Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 138:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid.Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.

2. Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.

3. Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.

4. Al die konings van die aarde sal U loof, o Here, as hulle gehoor het die woorde van u mond;

5. en hulle sal sing van die weë van die Here, want die heerlikheid van die Here is groot.

6. Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.

7. As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.

8. Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!

Lees volledige hoofstuk Psalms 138