Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 137:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

3. Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ’n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons ’n Sionslied.

4. Hoe sou ons die lied van die Here kan sing in ’n vreemde land?

5. As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!

6. Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

7. Here, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!

Lees volledige hoofstuk Psalms 137