Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 137:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BY die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.

2. Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

3. Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ’n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons ’n Sionslied.

4. Hoe sou ons die lied van die Here kan sing in ’n vreemde land?

5. As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!

Lees volledige hoofstuk Psalms 137