Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 136:16-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

17. Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

18. En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

19. Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

20. En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

21. En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

22. As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 136