Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 136:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

2. Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

3. Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid —

4. Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

5. Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

6. Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

7. Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

8. Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

9. Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

10. Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

11. En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

12. Met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

13. Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 136