Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 135:9-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;

10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11. Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,

12. en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.

13. o Here, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, Here, van geslag tot geslag!

14. Want die Here sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.

15. Die afgode van die heidene is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

16. Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

17. ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.

18. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

19. Huis van Israel, loof die Here! Huis van Aäron, loof die Here!

20. Huis van Levi, loof die Here! Julle wat die Here vrees, loof die Here!

21. Geloofd sy die Here uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!

Lees volledige hoofstuk Psalms 135