Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 135:3-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Loof die Here, want die Here is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!

4. Want die Here het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.

5. Waarlik, ék weet dat die Here groot en onse Here bo alle gode is.

6. Alles wat die Here behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.

7. Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;

8. wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;

9. wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;

10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11. Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,

Lees volledige hoofstuk Psalms 135