Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 130:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED. Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!

2. Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3. As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

4. Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

5. Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

6. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.

7. Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8. en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Lees volledige hoofstuk Psalms 130