Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 128:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!

3. Jou vrou is soos ’n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.

4. Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die Here vrees.

5. Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!

6. En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!

Lees volledige hoofstuk Psalms 128