Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 126:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED.Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.

2. Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.

3. Die Here het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!

4. o Here, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.

5. Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.

6. Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

Lees volledige hoofstuk Psalms 126