Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 124:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. As die Here nie vir ons was nie — laat Israel dit sê —

2. as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,

3. dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;

4. dan het die waters ons oorstroom, ’n stroom het oor ons siel gegaan;

5. dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.

6. Geloofd sy die Here wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!

Lees volledige hoofstuk Psalms 124