Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 123:2-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op die Here onse God, totdat Hy ons genadig is.

3. Wees ons genadig, o Here, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;

4. meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!

Lees volledige hoofstuk Psalms 123