Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:150-163 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

150. Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.

151. U, o Here, is naby, en al u gebooie is waarheid.

152. Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.

153. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

154. Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.

155. Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.

156. Here, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.

157. My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.

158. Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

159. Aanskou dat ek u bevele liefhet; o Here, maak my lewend na u goedertierenheid.

160. Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

161. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

162. Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ’n groot buit vind.

163. Leuens haat ek en het daar ’n afsku van; u wet het ek lief.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119