Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2. Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

3. Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

4. Laat die wat die Here vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

5. Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; die Here het my verhoor in die ruimte.

6. Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?

7. Die Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

8. Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 118