Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 115:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

2. Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?

3. terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

4. Hulle afgode is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

5. Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6. ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ’n neus, maar ruik nie;

7. hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

8. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

9. Israel, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!

10. Huis van Aäron, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!

11. Julle wat die Here vrees, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild.

12. Die Here het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.

Lees volledige hoofstuk Psalms 115