Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 114:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.

3. Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.

4. Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.

5. Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?

6. o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?

7. Beef, aarde, voor die aangesig van die Here, voor die aangesig van die God van Jakob,

8. wat die rots verander het in ’n waterplas, die keisteen in ’n waterfontein!

Lees volledige hoofstuk Psalms 114