Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 112:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word.

3. He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

4. Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.

5. Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.

6. Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

7. Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die Here.

8. Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie, Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.

Lees volledige hoofstuk Psalms 112