Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 111:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HALLELUJA! Alef. Ek wil die Here loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.

2. Gimel. Die werke van die Here is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het.

3. He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

4. Sajin. Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig; Get. die Here is genadig en barmhartig.

5. Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.

6. Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.

7. Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.

Lees volledige hoofstuk Psalms 111