Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:3-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.

4. Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.

5. En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.

6. Stel ’n goddelose oor hom en laat ’n teëstander staan aan sy regterhand.

7. As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.

8. Laat sy dae min wees; laat ’n ander sy amp neem.

9. Laat sy kinders wese word en sy vrou ’n weduwee;

10. en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.

11. Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.

12. Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.

13. Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.

14. Laat die Here gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.

15. Laat dié altyddeur voor die Here wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;

16. omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109