Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:23-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Ek gaan heen soos ’n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos ’n sprinkaan.

24. My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.

25. En ék het vir hulle ’n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.

26. Help my, Here my God! Verlos my na u goedertierenheid,

27. sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o Here, het dit gedoen.

28. Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.

29. Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in ’n mantel.

30. Ek sal die Here hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;

31. want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109