Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:19-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

20. Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.

21. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

22. en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.

23. Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters —

24. húlle het die werke van die Here gesien en sy wonders in die diepte.

25. Want Hy het gespreek en ’n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.

26. Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes — hulle siel het vergaan van wee.

27. Hulle het getuimel en gewaggel soos ’n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.

28. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.

29. Hy het die storm ’n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.

30. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.

31. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.

32. En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.

33. Hy het riviere ’n woestyn gemaak en waterfonteine ’n dorsland,

Lees volledige hoofstuk Psalms 107