Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2. Dit moet die verlostes van die Here sê, wat Hy uit die nood verlos het

3. en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.

4. Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; ’n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.

5. Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.

6. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.

7. En Hy het hulle gelei op ’n regte pad om te gaan na ’n stad om in te woon.

8. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

9. want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.

10. Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters —

11. omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,

12. het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 107