Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:35-48 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.

36. En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ’n strik geword.

37. Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer

38. en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.

39. En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.

40. Toe het die toorn van die Here ontvlam teen sy volk, en Hy het ’n afsku gekry van sy erfdeel.

41. En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;

42. en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.

43. Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.

44. Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;

45. en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.

46. En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.

47. Verlos ons, Here onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

48. Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!

Lees volledige hoofstuk Psalms 106