Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die Here.

17. Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.

18. En ’n vuur het gebrand onder hulle bende, ’n vlam die goddelose aan die brand gesteek.

19. Hulle het by Horeb ’n kalf gemaak en gebuig voor ’n gegote beeld.

20. En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van ’n bees wat gras eet.

21. Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,

22. wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.

23. Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.

24. Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;

Lees volledige hoofstuk Psalms 106