Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HALLELUJA! Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

2. Wie kan die magtige dade van die Here uitspreek, al sy roem verkondig?

3. Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.

4. Dink aan my, o Here, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,

5. dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.

6. Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.

7. Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.

8. Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.

9. En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur ’n woestyn.

10. En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.

11. En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.

12. Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106