Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 103:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

5. wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.

6. Die Here doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

7. Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.

8. Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 103