Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 103:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

13. Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

14. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

15. Die mens — soos die gras is sy dae; soos ’n blom van die veld, so bloei hy.

16. As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

17. Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,

18. vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.

19. Die Here het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

20. Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

21. Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!

22. Loof die Here, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die Here, o my siel!

Lees volledige hoofstuk Psalms 103