Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:2-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. o Here, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3. Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

4. Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ’n vuurherd.

5. Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.

6. Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.

7. Ek is soos ’n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ’n uil op die puinhope.

8. Ek is slapeloos en het geword soos ’n eensame voël op die dak.

9. Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ’n vloek.

10. Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,

11. vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

12. My dae is soos ’n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.

13. Maar U, o Here, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.

14. Ú sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

15. Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.

16. Dan sal die heidene die Naam van die Here vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

Lees volledige hoofstuk Psalms 102