Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:3-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.

4. Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.

5. Dit is beter om te luister na die bestraffing van ’n wyse as dat ’n mens luister na die lied van die dwase.

6. Want soos die geknetter van doringtakke onder ’n pot, so is die gelag van ’n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.

7. Sekerlik, afpersing maak ’n wyse dwaas, en ’n geskenk bederwe die hart.

8. Die einde van ’n saak is beter as sy begin; ’n lankmoedige is beter as ’n hoogmoedige.

9. Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.

10. Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

11. Wysheid is net so goed as ’n erfdeel en ’n voordeel vir die wat die son sien.

12. Want wysheid is ’n beskutting, geld is ’n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.

13. Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?

14. Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.

15. Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is ’n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is ’n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.

16. Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig?

17. Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?

18. Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.

19. Die wysheid versterk die wyse meer as tien maghebbers wat in die stad is;

Lees volledige hoofstuk Prediker 7