Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n GOEIE naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.

2. Dit is beter om te gaan na ’n klaaghuis as om te gaan na ’n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem.

3. Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.

4. Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.

5. Dit is beter om te luister na die bestraffing van ’n wyse as dat ’n mens luister na die lied van die dwase.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7