Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 6:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAAR is ’n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:

2. ’n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want ’n vreemde geniet dit; dit is vergeefse moeite en ’n bitter lyding.

3. As ’n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie ’n begrafnis het nie, dan sê ek: ’n Misgeboorte is beter as hy,

Lees volledige hoofstuk Prediker 6