Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:4-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. ’n tyd om te ween en ’n tyd om te lag, ’n tyd om te weeklaag en ’n tyd om van vreugde rond te spring,

5. ’n tyd om klippe weg te gooi en ’n tyd om klippe bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels en ’n tyd om ver te wees van omhelsing,

6. ’n tyd om te soek en ’n tyd om verlore te laat gaan, ’n tyd om te bewaar en ’n tyd om weg te gooi,

7. ’n tyd om te skeur en ’n tyd om aanmekaar te werk, ’n tyd om te swyg en ’n tyd om te spreek,

8. ’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.

9. Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?

10. Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

11. Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.

12. So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.

13. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ’n gawe van God.

14. Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

15. Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.

16. Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg — daar was onreg, en die plek van geregtigheid — daar was onreg.

Lees volledige hoofstuk Prediker 3