Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.

12. So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.

13. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ’n gawe van God.

14. Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

15. Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.

16. Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg — daar was onreg, en die plek van geregtigheid — daar was onreg.

17. Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is ’n tyd vir elke saak en vir elke werk.

Lees volledige hoofstuk Prediker 3