Ou Testament

Nuwe Testament

Obádja 1:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE gesig van Obádja. So sê die Here Here aangaande Edom: Ons het ’n tyding van die Here gehoor, en ’n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!

2. Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.

3. Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?

4. Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel — daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die Here.

5. As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het — hoe is jy vernietig! — sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?

6. Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!

7. Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê ’n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!

Lees volledige hoofstuk Obádja 1