Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 7:84-89 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

84. Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne —

85. elke skottel honderd-en-dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die heiligdom —

86. twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd-en-twintig sikkels.

87. Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.

88. En al die beeste vir die dankoffer was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.

89. En as Moses in die tent van samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, tussen die twee gérubs uit. So het Hy dan met hom gespreek.

Lees volledige hoofstuk Númeri 7