Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 7:59-71 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

59. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Gámliël, die seun van Pedásur.

60. Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Abídan, die seun van Gideóni.

61. Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

62. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

63. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

64. een bokram as sondoffer;

65. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Abídan, die seun van Gideóni.

66. Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

67. Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

68. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

69. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

70. een bokram as sondoffer;

71. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

Lees volledige hoofstuk Númeri 7