Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 7:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring — hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het —

3. hulle het hul offer voor die aangesig van die Here gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee owerstes en ’n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring.

4. En die Here het met Moses gespreek en gesê:

5. Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.

6. Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:

7. twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;

8. en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

Lees volledige hoofstuk Númeri 7