Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 7:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,

2. het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring — hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het —

3. hulle het hul offer voor die aangesig van die Here gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee owerstes en ’n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring.

4. En die Here het met Moses gespreek en gesê:

5. Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.

6. Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:

7. twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;

8. en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

9. Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.

Lees volledige hoofstuk Númeri 7