Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 6:18-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Dan moet die nasireër by die ingang van die tent van samekoms sy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is.

19. Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat dié sy gewyde hare afgeskeer het.

20. En die priester moet dit beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die Here. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.

21. Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan die Here beloof op grond van sy nasireërskap, behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, só moet hy doen volgens die wet van sy nasireërskap.

22. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

23. Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:

24. Die Here sal jou seën en jou behoed;

25. die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26. die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Lees volledige hoofstuk Númeri 6