Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 5:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

2. Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat ’n vloeiing het, en almal wat deur ’n lyk onrein is.

3. Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.

4. En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die Here met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.

5. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

6. Spreek met die kinders van Israel: As ’n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die Here gehandel word, en dié siel skuldig word,

7. dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.

8. Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die Here, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.

Lees volledige hoofstuk Númeri 5