Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 4:35-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.

36. En hulle geteldes was volgens hulle geslagte tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.

37. Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses getel het.

38. En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

39. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —

40. hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, tweeduisend-seshonderd-en-dertig.

41. Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die Here getel het.

42. En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

43. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —

44. hulle geteldes was volgens hulle geslagte drieduisend-tweehonderd.

45. Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses getel het.

Lees volledige hoofstuk Númeri 4