Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 4:33-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Merári, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

34. En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;

35. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.

36. En hulle geteldes was volgens hulle geslagte tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.

37. Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses getel het.

38. En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

39. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —

40. hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, tweeduisend-seshonderd-en-dertig.

Lees volledige hoofstuk Númeri 4